Monoloog

Die akteur Christopher Walken besig om 'n monoloog in die toneelstuk Hurlyburly (1984) te lewer

In teater is ’n monoloog (uit Grieks: μονόλογος, uit μόνος mónos, "alleen” en λόγος lógos, "spraak") ’n toespraak wat deur ’n enkele karakter gelewer word. Dit word gewoonlik gebruik om hulle gedagtes hardop uit te spreek, maar word soms ook direk aan ’n ander karakter of die gehoor gerig. Monoloë kom regoor die spektrum van die dramatiese media (toneelstukke, films,[1] ens.), sowel as niedramatiese media soos poësie[2] voor. Alhoewel daar baie ooreenkomste tussen monoloë en ander literêre middels is, insluitend alleenspraak, apostrowe en tersydes, is daar wel verskille.

  1. http://www.imdb.com/list/Bf4eKcczgnk/
  2. http://www.victorianweb.org/authors/rb/dm1.html.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search